The DME Idea

Die Darlingse Musiekondervinding (DME)

Die DME-musiekfees is deur die bekende dirigent David Tidboald, die Suid Afrikaanse komponis Hendrik Hofmeyr en plaaslike musiek-entoesias Alfred Legner, in die lewe geroep, en is vir die eerste keer in 2006 met groot sukses aangebied.

Onder leiding van die bekende Duitse pianis Andreas Kern, wat in Suid Afrika gebore is, bied die DME deesdae 'n verskeidenheid van gewilde klassieke en moderne kamermusiek, bekende koorwerke, asook jazz en ander musiekverwante gebeurtenisse aan. Hierdie plattelandse musiekfees verskaf ‘n gulde geleentheid vir plaaslike musikante en kore om saam met nasionale en internasionale musici te kan optree. Ter bevordering van inheemse talent, word daar ook elke jaar in opdrag van die DME 'n oorspronklike nuwe komposisie deur 'n belowende jong Suid Afrikaanse komponis uitgevoer.

Die DME-konserte vind op uitgesoekte persele in die Darling omgewing plaas, oa. hierdie jaar op 'n pragtige wynplaas, in die atmosferiese ‘skuur’ van die Darlingse Museum, in die mooi ou Presbiteriaanse- en NG kerke, en selfs teen die duine van die nabye weskus.

Vir kinders word daar weereens die gewilde "musical rally" aangebied. Hierdie jaar met die vermaaklike tema: Gebruik jou ore as jou oë.

Voeg hierby ‘n wye verskeidenheid van heerlike kos en die bekroonde wyne van die Darlingse wynplase, en die DME-naweek staan uit as ‘n volmaakte ondervinding vir selfs die kieskeurigste besoeker.

‘n Musiekfees wat klassieke- en ander musiek op interessante en unieke wyses aanbied, maklik toegangklik vir alle inwoners van Darling, die Weskus, Kaapstad en omstreke. Om hiermee al die goeie dinge wat die plattelandse lewe bied, met pragtige musiek te vier.

Die lewe is voorwaar ’n fees!

The Darling Music Experience (DME)

The Darling Music Experience, a brainchild of conductor David Tidboald, composer Hendrik Hofmeyr and music enthusiast Alfred Legner, was launched in 2006 with the aim to organise small concerts in a rural setting for both lovers of classical and more popular music.

Under the artistic directorship of South African born German pianist Andreas Kern the music on offer varies between classical and contemporary chamber music, popular choir works and Jazz, bringing together community ensembles and soloists with well known national and international musicians.

A top local composer is commissioned every year to write a piece especially for the festival and in doing so the Darling Music Experience nurtures and showcases the exceptional talent we have in our country.

The venues for the concerts vary between pretty wine estates, Darling’s lovely old Presbyterian Church, village barns, and even a Vlei. Delicious local food and the well known Darling wines play an integral role in the DME and enhances the whole experience for you, the concertgoer.

For our kids we have introduced the DME Musical Rally, a fun event to encouraging them “to use their ears as eyes”.

In a nutshell: our idea is to freshen the image of classical music and increase its accessibility to all sectors of the West Coast, Cape Town and beyond and to celebrate the good things in life.

Life is beautiful!